Ons skool

Ons skool

Bietjie agtergrond

Besige Kabouters Kleuterskool open hul deure op 14 Julie 2008 vir die eerste keer, met slegs 10 kinders in die oggend en 10 Nasorg in die middae.  Vandag 16 jaar later, spog ons met ‘n pragtige getal van 90 maatjies.

Meer oor ons

Besige Kabouters akkomodeer baba’s van so vroeg as 3 maande oud. Vir die outjies wat begin pottytrain, het ons ook 2 klassies beskikbaar. Drie ander klassies word vir die peuter en kleuters ingedeel , vir die ouderdomme tussen 2 en 5 jaar. Ons bied ook met trots ‘n Nasorgfasiliteit aan vir die graad R maatjies tot Graad 7. Hier word leerders se tuiswerk gekontroleer en hulp word aangebied waar nodig. Die skooltjie bied ook vervoer vanaf die laerskole na Besige Kabouters aan , asook vir die vervoer van naskoolse sportaktiwiteite.

Hoe lyk ons dag?

 Besige Kabouters skop af met ‘n geselserige ontbyt, gevolg deur ‘n dagprogram wat elke aspek van kinderontwikkeling aanspreek. Ons leerplan is daarop gemik om die kreatiwiteit van u kind te ontwikkel en op ‘n vroeë stadium nodige stimulering vir algemene ontwikkeling daar te stel. Hier word hulle gestimuleer om in groepsverband saam te werk met interessante temawerk elke dag. Ons gaan ook gereeld op uitstappies wat inpas by die week se tema’s.  Monkeynastix, Playball, en Rugby Skills & Develpment kom ook een maal per week om oefeninge met die maatjies te doen.  Middagetes word voorsien wat bestaan uit ‘n drie weeklikse spyskaart wat spesiaal aangepas is vir peuters en kleuters se eetbehoeftes. Twee ‘pouses’ of broodjie tye met koeldrank of tee word ook ingepas, daarna volg ‘n wel verdiende middagslapie.

Ekstra's

Besige Kabouters hou ook jaarliks konsert. Ons neem elke jaar deel aan die Grapevine Kunste Fees, waar die maats
kan deelneem aan gediggies en kuns werkies. Elke jaar neem ons deel aan
‘n atletiek dag waar ons deelneem teen ander skole.

Besige Kabouters, in samewerking met Monkeynastix, Playball, Rugga Roots, Shift Netball Academy en Crazy Splash Swem Skool, help om ‘n ekstra liefde vir beweging, sport en ‘n goeie sportmangees te ontwikkel. 

Buitemuurse instansies bied hul produk op ons perseel aan en dis moet ouers direk met hierdie partye kontrakteer.

  •  Monkeynastix is ​​’n gespesialiseerde fiksheidsprogram wat ontwerp is vir kinders, wat fokus op fisiese en kognitiewe ontwikkeling deur prettige, bewegingsgebaseerde aktiwiteite.
  • Die doel van Playball is om jong kinders aan konstruktiewe en genotvolle sportdeelname bekend te stel deur verskeie ouderdomsgepaste programme.
  • RUGGA ROOTS is ‘n opwindende buitemuurse RUGBY-program, gefokus op groeiende liefde vir RUGBY, sport en deelname.
  • Shift Netball Academy is ‘n opwindende buitemuurse aktiwiteit wat fokus op die holistiese ontwikkeling van die kind en die koestering van die liefde vir netbal.

NUUT by Besige Kabouters

Besige Kabouters bied ook nou die volgende klassies aan: Steam Klassies en Sensoriese Klassies. 
Dit is gratis vir al Besige Kabouters se maats.

Steam en Sensoriese Klassies

Ons spyskaarte

Spyskaart 1

Spyskaart 2

Spyskaart 3

Wat maak ons uniek?

Besige Kabouters is geregistreerd by die Departement van Sosiale Ontwikkeling sowel as die WKOD en moet dus voldoen aan die streng reëls en regulasies soos uitgesit deur die departement. 

Ons leerplan is Christelik georiënteerd.

Ons personeel is goed opgelei in hul veld sowel as in noodhulp (CPR).

Ons berei u kind voor vir Graad R.

Ons verskaf heerlike gekookte middagetes en versnapperinge.

Vir u gerief, vervoer ons u kind vir naskoolse aktiwiteite.

Ons help nasorg maatjies met hul huis – en leerwerk, wat die druk bietjie verminder vir u as ouers.

Ons maak slegs 2 weke toe in die Desember vakansie.

Ons is toegerus met kamera’s vir u kind se veiligheid en u eie gemoedsrus.

Hier word elke kindjie met respek en liefde hanteer, want elkeen verdien net die beste!

What People Are Saying!

Maecenas ullam, Mollis suscipit sem adipisicing eros dictums

"Arcu iste nihil dolorum, cupidatat asperiores quisque magnis laborum arftge ad voluptate,Fusce habitant aspernatur excepteur ut esse hello pellentesque auctortor, etiam tempus voluptatibus. Sit lauda ntium, portt itor habita "
Philip Watson
Player
"Quaerat mus ut? Magni suscipit eaque impedit nemo? Ullamcorper autemris quaerat habita , facere dignissim irure netus, dolores!"
Emma Roberts
Traker
Impedit sollicitudin praesent cum eligendi justo aperiam eget tellus mconsectetuer, porro nostrud ad taciti nesciunt omnis cubili
Olivia Spencer
Coach